Boukontrakteurs vir nuwe projekte, aanbouings en verbeteringe in die Noordelike stadsgebiede van Kaapstad, gebaseer in Durbanville

 

Projekte sluit die volgende in:

 

Veranderinge / Aanbouings

  • E Bouwer & Seun spesialiseer in veranderinge aan bestaande woonhuise.  Projekte sluit alles in van eenvoudige veranderinge soos tuinmure, afdakke en veranderinge aan badkamers en kombuise tot multi-miljoen rand veranderinge aan bestaande wonings.

 

Nuwe wonings

  • Alle aspekte van nuwe woonhuise word gedek vanaf beplanningsfase tot voltooiing.
  • E Bouwer & Seun gebruik topgehalte ambagsmanne en verskaffers om elke projek suksesvol en op tyd af te handel.

 

Ander

  • Ander projekte sluit in veranderinge aan kantoor- en fabrieksgeboue, asook verbeteringe by skole.